
By die duurste ram is, staande (van links), mnre. Deon Fourie, Van Rijswijk, Jan van der Walt van BKB en Willie Henning. Hurkend, van links, is mnre. Gert Jordaan, afslaer, en Herman Henning.
Mnre. Willie en Herman Henning van Burgersdorp het goeie teelmateriaal op hul jaarlikse produksieveiling van diere uit hul stoetery Kesieberg Merino’s aangebied.
Mnr. Rysie van Rijswijk van Burgersdorp het die duurste ram teen R15 000 gekoop. Ramme het gemiddeld R6 928 behaal. BKB Sentraal het die veiling aangebied.