
Die bul Digger (VBG15-36, foto) van die Vleisberg-stoetery van mnr. Kobus Bester van Rant-en-Dal is teen die hoogste prys van R200 000 aan die Delft-boerdery van mnr. Tito Voster van Piet Retief verkoop.
Simbrabulle het ‘n puik gemiddelde prys van R52 885 behaal op die produksieveiling van die Trifecta-groep op Carletonville.
Dragtige koeie het gemiddeld R16 150 behaal, koeie met kalwers gemiddeld R21 039 en nie-dragtige verse gemiddeld R11 000. Altesame 40 strooitjies van die bul Bleka Dikgat het R400 elk behaal. SHM Afslaers het die veiling aangebied.