
Die koei, nr. CP120038, is aan mnr. A.K. Peer van Kaapstad verkoop. Altesame 17 dragtige koeie is teen gemiddeld R36 560 stuk verkoop. Twee rooi Angusbulle (nrs. CP157923 en CP157974) is teen die hoogste prys van R52 000 stuk verkoop. Nr. CP157923 is aan mnr. Quentin de Bruyn van Ladybrand verkoop, terwyl nr. CP157974 aan mnr. L. Scheepers van die Upsal-boerder, Cradock, verkoop is. Bulle het gemiddeld R33 710 stuk behaal. Sheard Afslaers het dieveiling op die plaas Glenfinla aangebied en die afslaer was mnr. Brandon Leer.