
Die duurste dier, ‘n swart koei (3-in-1, foto bo), is teen R420 000 aan mnr. Lourens du Plessis van Thabazimbi verkoop. Die duurste rooi koei met kalf is deur mnr. Henri Pieterse van Groblersdal teen R300 000 gekoop. ‘n Dragtige, rooi Akaushivers is teen R330 000 aan Olive Burgh Wagyu van Winburg verkoop. Sulke verse het gemiddeld R290 000 stuk behaal. Die duurste dragtige, swar vers is deur mnr. AK Peer van Kaapstad teen R260 000 gekoop. Sulke verse het gemiddeld R156 000 stuk behaal.
Die duurste Akaushibul (foto onder) is teen R400 000 aan mnre. Etienne Ferreira en Andries Schutte van die onderneming 777 Wagyu in Pretoria gekoop. Hulle het 24 beeste op die veiling gekoop. Rooi bulle het gemiddeld R262 857 stuk behaal. Die duurste swart bul is aan mnr. Carl Thiele van Paulpietersburg verkoop. Swart bulle het gemiddeld R158 333 stuk behaal.
BKB Louwid het die veiling aangebied. Foto’s: André Pretorius Fotografie