
Die duurste ram (op foto) is teen R24 000 verkoop. Van links is mnre. Pierre Vlok, bestuurder van BKB se wolafdeling in die weste van die land, Pieter Aucamp, skaap-en-wolbeampte van Mosselbaai, Johan Fourie, verkoper, Gerbrand en Alfred Rademan (kopers) van Heidelberg, Manie Fourie, verkoper, en Appie Maritz, afslaer. Die hanteerder is mnr. Aubrie Pietersen. Altesame 29 ramme is aangebied en 27 is teen gemiddeld R9 166 stuk verkoop. Die veiling is deur BKB Wes-Kaap aangebied.