Mnre. Henry en Stephan du Plessis het goeie gemiddelde pryse op hul Dohne-Merino-stoetery Kouga se produksieveiling naby Humansdorp behaal.
Die duurste ram is teen R26 000 aan mnr. Gawie du Plessis van die Klipstoot-boerdery, Humansdorp, verkoop. Van links is mnre. Henry du Plessis, Jan Erasmus van GWK, Gawie du Plessis en Stephan du Plessis. Altesame 71 ramme is teen gemiddeld R11 626 stuk verkoop. GWK het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.