
Staande, van links, is mnre. Ras van Pletzen, André Jordaan en Junior Jacobs, kopers, van die Aandson-trust, Zastron, Jan van der Walt van BKB en Diederik van Pletzen. Hurkend is mnre. Gert Jordaan (links), afslaer, en Niel van Pletzen.
Puik teelmateriaal was op die veiling van mnre. Ras, Diederik en Niel van Pletzen op die plaas Sterkfontein, Jamestown, te koop.
Die duurste ram is teen R48 000 verkoop. Ramme het gemiddeld R13 303 behaal en ooie gemiddeld R1 320. BKB het die veiling aangebied.