
Van links is dr. Cobus Oberholster van BKB, mnre. JP Marais, afslaer, Johannes de Jager (stoetmeester by Troskie se boerdery), Natie Troskie (koper) van Kookhuis, en Diederik, Ras en Niel van Pletzen.
Die ramme op mnre. Ras, Diederik en Niel van Pletzen se veiling op hul plaas Sterkfontein naby Jamestown was in ’n baie goeie kondisie en uitstekende teelmateriaal was beskikbaar.
Die duurste ram is teen R33 000 verkoop. Ramme het gemiddeld R13 145 behaal. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted