
Van links is mnre. JP Marais, afslaer, Jovaan Cloete van BKB, Wilhelm Ziervogel (koper) van Ermelo, Jan van der Walt van BKB, Corrie Swart van BKB en Johan Sauer (verkoper).
Die Merino’s wat op mnre. Hansie en Johan Sauer se produksieveiling op hul plaas Droogfontein, Jamestown, aangebied is, was in ’n baie goeie kondisie en daar was uitstekende teelmateriaal beskikbaar.
Die duurste ram is teen R34 000 verkoop. Ramme het gemiddeld R13 275 behaal en ooie gemiddeld R1 975. BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted