
By die ram is, van links, mnre. George en Walter Price (kopers) van Burgersdorp, Jan van der Walt van BKB, Danie Strauss (afslaer) en Johan Sauer.
Puik teelmateriaal was op die produksieveiling van mnre. Hansie en Johan Sauer se Droogfontein-stoetery, Jamestown, beskikbaar.
Die duurste ram is teen R40 000 verkoop. Ramme het gemiddeld R9 911 behaal en ooie gemiddeld R1 650. BKB het die veiling aangebied.