
Van links is mnre. Nico Buys wat namens die Rooivleisprodusente-organisasie opgetree het, Louwtjie Bezuidenhout van BKB Louwid Bultfontein wat namens Cronjé opgetree het, Harmse en Piet Wessels van BKB Louwid Kroonstad.
’n Goeie gemiddelde prys van R13 260 vir ramme is op die produksieveiling van die Noord-Vrystaatse SA Vleismerinoklub by die Kroon Boma naby Kroonstad betaal.
Die duurste ram (9173 EAG) is deur mnr. Henk en me. Anja Harmse van Bultfontein geteel en vir R18 000 aan mnr. Izak Cronjé van Theunissen verkoop. BKB Louwid van Kroonstad het die veiling aangebied.