Die bul LZ1759 (foto bo) is deur mnr. Riaan van Zyl van Rotswand Simbras, Winburg, aan mnr. Tefo Seikaneng van Kuruman verkoop.
Twee Simbrabulle is op die 14de veiling van die NW Simbra-groep op Lichtenburg teen die hoogste prys van R120 000 elk verkoop.
Die bul HND151C is deur mnr. Ekkehard Pape van die Steinfurt-boerdery, Rustenburg, aan die De Klerk--familietrust van Daniëlskuil verkoop. Bulle is teen gemiddeld R52 281 verkoop, koeie teen gemiddeld R24 400, koeie met kalwers teen gemiddeld R28 125 en verse teen gemiddeld R21 562. Clive Gardner Afslaers het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.