Die bul E 19-112 is op die jaarlikse 3 van die Beste Simmentaler-veiling op mnr. Jan van Biljon se plaas Doornhoek, Lichtenburg, vir R160 000 verkoop.
Die totale aanbod op die jaarlikse 3 van die Beste Simmentaler-veiling op mnr. Jan van Biljon se plaas Doornhoek, Lichtenburg, is verkoop.
Bulle is vir ‘n uitsonderlike gemiddelde prys van R76 666 verkoop. Die twee duurste bulle (E 19-112, foto, en E 19-138) is verkoop vir R160 000 elk. Die verkoper is mnr. Erich Schulenburg en die kopers is mnre. Niel van Heerden van Bethlehem en Johan Joubert van Lichtenburg.
Koeie het gemiddeld R41 333 behaal.
Clive Gardner Afslaers het die veiling vanjaar die 16de keer aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.