
Die duurste bul, ’n swart Angus (nr. A180-591, foto) is teen R70 000 aan mnr. Stephan van Schalkwyk van die Langzeekoeigat--boerdery, Trompsburg, verkoop.
Puik diere is op die Angus-stoetery Aucdeen van die Aucamp- en Mackenzie-gesin (Langlaagte, Molteno) se produksieveiling op die -Penhoekpas aangebied.
Die duurste rooi Angusbul (nr. A170-535) is teen R39 000 verkoop. Bulle het gemiddeld R43 538 behaal. BKB het die veiling aangebied en die afslaer was mnr. Ian Sheard van Cathcart.