
Die duurste bul is teen R56 000 aan mnr. Mark Jevon van Dordrecht verkoop.
Mnr. Robbie Stretton, Paul Mortlock en John Daly, lede van die Stormberger-groep, het uitstekende teelmateriaal op die plaas Buffelsfontein, Molteno, aangebied.
Stormbergerbulle het gemiddeld R40 000 behaal, koeie gemiddeld R18 000, dragtige verse gemiddeld R17 000 en dragtige koeie gemiddeld R16 600. Die afslaer was mnr. Jeremy Pearson van Queenstown en BKB het die veiling aangebied. Foto: Gavin Isted