
Die duurste bul (foto) is teen R61 000 aan mnr. Roelof Oosthuizen van Colesberg verkoop.
Goeie teelmateriaal was op die Stormberger-groep (mnre. Robbie Stretton, Paul Mortlock en John Daly) se produksieveiling op die plaas Buffelsfontein, Molteno, beskikbaar.
Volgens mnr. Jeremy Pearson, afslaer, is die stoetery se beginsels en standaarde puik, en dit is bekend as een van die beste stoeterye in die land. Bulle het gemiddeld R43 800 behaal, verse R19 470 en dragtige koeie gemiddeld R19 721.