Van links is mnre. Appie Maritz, afslaer, Wilhelm van Niekerk van BKB en Theuns Bruwer, verkoper.
Boere op Moorreesburg het ál die diere op die Wes- en Suid-Kaapse Angusklub se jaarlikse veiling opgeraap.
Die aanbod het bestaan uit geregistreerde diere, kommersiële vroulike diere en slagosse. Die duurste bul, ‘n rooi Angus (nr. VB16-04) van die Windmeul-stoetery naby die Paarl, is teen R62 000 aan mnr. Pieter Truter van die Delico-slaghuis, Riebeek-Kasteel verkoop. Rooi bulle het gemiddeld R41 166 behaal. Die veiling is deur BKB Wes-Kaap aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.