AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Nguni-telers troef verbod met katalogusveiling

akkreditasie
Die bul NH 16 24 Dingaan, wat die beste prys op die interaktiewe katalogusveiling van die Nguni-beestelersgenootskap op 23 November by Klein Kariba naby Bela-Bela behaal het. Hy is vir R100 000 gekoop deur mnr. Theuns Botha van Top Hill-boerdery in die distrik Walkerville in Gauteng. Die verkoper was die Vriendschap Boerdery by Melmoth in KwaZulu-Natal. Foto: Verskaf
Die bul NH 16 24 Dingaan, wat die beste prys op die interaktiewe katalogusveiling van die Nguni-beestelersgenootskap op 23 November by Klein Kariba naby Bela-Bela behaal het. Hy is vir R100 000 gekoop deur mnr. Theuns Botha van Top Hill-boerdery in die distrik Walkerville in Gauteng. Die verkoper was die Vriendschap Boerdery by Melmoth in KwaZulu-Natal. Foto: Verskaf
Die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo wat die departement van landbou op 6 November aangekondig het, asook die verbod op lewendehawe-veilings wat die departement onlangs afgekondig het, het die Nguni-beestelersgenootskap gedwing om vinnig planne te beraam rondom veilings wat vir die afgelope naweek beplan was.

Die departement het op 14 November ’n verklaring aangekondig dat lewendehawe-veilings in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes verbied is. Die genootskap se nasionale Nguni-stoetveiling, die Noordelike Nguni-klub se stoetveiling en die genootskap se veiling van kommersiële Nguni’s moes op 23 November, tydens die genootskap se jaarvergadering by Klein Kariba naby Bela-Bela, plaasvind.

Dr. Oswald Jannasch, voorsitter van die genootskap, sê hulle moes vinnig moeilike besluite neem om steeds te kon voortgaan met die veilings. “Ons het besluit om die kans te waag om ’n interaktiewe katalogusveiling aan te bied en dit in minder as ’n week te reël. Ons bemarkingsagente, GWK en Nuthouse Marketing, het dag en nag gewerk om dit moontlik te maak.”

Jannasch sê weens die invloed van bek-en-klouseer het hulle besluit om nie die veiling van kommersiële diere aan te bied nie. “Die veilings was suksesvol in die opsig dat ons wel die (twee ander) veilings kon aanbied en dat ons ondanks die min tyd tot ons beskikking slegs enkele haakplekke gehad het.”

Dr. Pierre Bester, ’n veearts van Bela-Bela, het aan die begin van die veiling die onderskeie regulasies wat vir dié veilings en vir die vervoer van die diere geld, aan alle kopers en verkopers verduidelik.

Begin nuut dink

Jannasch sê die veilingsbedryf sal weens die probleme beslis “nuut moet dink en hul deel moet bydra tot biosekerheid en nie vir die staat wag nie, anders gaan hulle nie meer besigheid doen nie. As jy nie eers vir die Comrades aantree nie, sal jy definitief nie klaarmaak nie.”

Hy sê hoewel goeie pryse vir van die diere behaal is, kon pryse beter gewees het. “Die hoeveelheid diere verkoop en die pryse is beslis beïnvloed deur die uitbreking van bek-en-klouseer, maar veral deur die onsekerheid vanweë ’n tekort aan sinvolle inligting van die regering se kant af. Die afwesigheid van die diere het in ’n mindere mate ’n rol gespeel.”

Van die beste pryse wat op die nasionale Nguni-stoetveiling behaal is, is die van die bul NH 16 24 Dingaan, wat vir R100 000 verkoop is. Hy is gekoop deur mnr. Theuns Botha van Top Hill-boerdery in die distrik Walkerville in Gauteng, en is te koop aangebied deur Vriendschap Boerdery by Melmoth in KwaZulu-Natal. Pryse vir van die dragtige koeie en dragtige verse het gewissel van R20 000 tot R12 000. Op die Noordelike Nguni-klub se stoetveiling het pryse gewissel van R20 000 vir ’n bul tot R8 500 vir verse.

Voordele

Jannasch sê die voordele van dié tipe veiling in dié tye moet nie onderskat word nie. Die voordele sluit in:

- Die handhawing van biosekerheid.

- Die beperking van die stresfaktor van die diere, met diere wat veral spanning ervaar as hulle baie ver vervoer moet word.

- Die besparingsfaktor vir die verkoper, koper én die afslaer.

- Dié tipe veiling bring die koper en verkoper weer nader aan mekaar.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is te kort om kak wyn te drink😃
Ek probeer altyd positief te bly oor wat ook al aangaan in my lewe. Ek sal myself beskryf as n "fun loving happy go lucky" poepal. Ek weet hoe om die lewe te geniet...
Bedazzled
Ek is uniek, omgee mens, waardighede baie belangrik. Ek kan laf wees maar ook ernstig, tyd en plek vir alles. Ek het n sterk persoonlikheid, en glo daarbuite is iemand net vir...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot