
By die ramme (nrs. 6008 GU en 6159 GU) is, agter (van links), mnre. Paul van Biljon, afslaer, Fritz Joubert, koper, en Jan Uys, verkoper, albei van Steynsrus. Joubert koop al die afgelope 25 jaar lank ramme by Uys. Voor, van links, is mnre. Rikus van Biljon van OVK Ficksburg, Thomas Uys, verkoper, Rassie Erasmus van OVK Winburg en Hanno Ferreira van OVK Ficksburg. Altesame 30 ramme is teen gemiddeld R8 566 stuk verkoop. OVK het die veiling aangebied.