
Die duurste SA Vleismerinoram (nr. 4284 GU) is teen R12 000 aan mnr. Dirk Theron (links) van Erfdeel, Harrismith, verkoop. Mnr. Jan Uys (middel) van Steynsrus het die ram geteel. Regs is mnr. Jacques Vlok van OVK / CMW Harrismith. Altesame 23 ramme is teen gemiddeld R6 646 stuk verkoop. OVK / CMW van Bloemfontein het die veiling aangebied en mnr. Lourens Bibbey was die afslaer.