
Van links is mnre. Appie Maritz, afslaer, Hermanus Kitshoff, Selvin Faro, mnr. Isak en me. Marie Smit.
Al die Dohne-Merino’s wat op die 13de produksieveiling van mnr. Isak Smith van die Piket-stoetery, Eendekuil, aangebied is, is verkoop.
Die aanbod het bestaan uit 81 A- en AA-ramme en 72 nie-dragtige ooie. Die duurste ram (nr. MR19-538) is teen R72 000 aan mnre. H.L. Kitshoff & Seuns van Moorreesburg verkoop. Ramme het gemiddeld R13 475 behaal en ooie gemiddeld R2 700. BKB Wes-Kaap het die veiling aangebied.