
Van links is mnre. Gerhard en SP Tredoux (kopers van die ram NWB20-88) van Darling, Maritz en Devilliers Mouton (verkopers van albei ramme) van die Nuwerus-boerdery, Dieter Schutte, afslaer. Voor: Ossie Absolon (Hanteerder), Jacobus Goliath (Hanteerder).
Die totale aanbod van 58 SA Vleismerinoramme wat op die Piketboere-ramveiling op Piketberg aangebied is, is verkoop.
Twee ramme het die hoogste prys van R18 000 stuk behaal. Die ram NWB 20-80 is verkoop aan mnr. Philip de Waal van Moorreesburg. Ramme het gemiddeld R10 758 behaal. BKB Wes-Kaap het die veiling aangebied.