
Altesame 51 bieërs het geregistreer. Mnr. Phillip de Waal, eienaar van Bossiesvlei en die Locheim-stoetery, sê die Herefordverse wat aangebied is, was meestal dragtig van ingevoerde teelmateriaal.
Een van die beste Simmentaler-bulle in die land was ook op die veiling, het De Waal gesê. Daar was altesame 35 Herefords, 30 Simmentalers, 16 Angus-diere, 8 Sussex-diere en 1 000 lammers wat opgeveil is.
Die duurste bul (’n Hereford) is teen R160 000 aan mnr. Jan-Hendrik Hanekom van Hermanus verkoop. 'n Simmentalerbul is teen R150 000 aan mnr. Rudi Lemcke van Ghanzi, Botswana, verkoop. Herefordbulle is teen gemiddeld R65 000 verkoop, terwyl Hereford- en Simmentalerverse gemiddeld R42 000 behaal het.