
Die kopers is die Eksteenbroers, Marius junior en Jan, van Hatari-wildtelers buite Jagersfontein. Die Steenekamps van die plaas Lower Orpendale het in 2018 ook die destydse rekordbedrag vir die ram Coenie van R235 000 (koper: Mnr. Schalk Lourens, Bethal) op die nasionale veiling behaal. Die broers het ook ’n ram op 2020 se veiling teen die hoogste prys van R160 000 verkoop.
Die Eksteens het ook die hoogste prys van R30 000 elk vir tweelingooie betaal. Vir vier ander ooie, ook geteel deur die Twee Broers, het hulle ’n gemiddeld van R23 500 elk betaal. Die gemiddelde prys van die 113 ooie op die veiling was R13 061,95 en vir die 75 ramme R24 860 elk.
Mnr. Steyn Steenekamp sê die Eksteens het in Oorlog belê om van sy nageslag na verwagting in 2022 op hulle eerste produksieveiling van die Hatari-Dormerstoet aan te bied. Hulle het die afgelope vyf jaar van die land se beste genetika aangekoop. Baie van Hatari se vroulike diere kom uit Twee Broers se bewese teellyne.
Vleissentraal Port Elizabeth/Kaap het die veiling by die Be Human-sentrum, Bloemfontein, aangebied en die afslaer was mnr. Ian Grobbelaar.