
’n Ram is vroeër op die nasionale Dorperveiling teen R235 000 verkoop, maar die Barnard-ram kan as ’n rekordbedrag op ’n produksieveiling beskou word. Nóg ’n ram is teen R120 000 aan mnr. JP Potgieter van Welpic-Dormers, Lady Grey, verkoop, terwyl ’n derde ram teen R90 000 aan mnr. Gerrit Victor van die Sixstar-groep by Frankfort verkoop is.
Verskeie ramme van Barnard is teen sowat R30 000 stuk verkoop, wat gehelp het om die stoetramme se gemiddelde prys tot R48 166 elk op te jaag. Die stoetooie is teen gemiddeld R10 045 verkoop en die kudderamme teen gemiddeld R7 222. BKB Louwid Kroonstad het die veiling aangebied.