
Die duurste ram (nr. COR6028) is teen R20 000 aan mnr. Carel Griessel van Ventersdorp verkoop. By die ram is, van links, me. Corlize, me. Alta en mnr. Cornie van den Heever, mnre. Jan Mostert, afslaer, Griessel, Theuns Barnard van BKB Leeudoringstad en Johannes Sejalimoto. Altesame 52 ramme is teen gemiddeld R11 543 verkoop, terwyl 40 stoetooie gemiddeld R3 844 behaal het. BKB Louwid van Kroonstad het die veiling aangebied.