
Foto: Theuns Botha
Die duurste Merinoram op die 32ste produksieveiling van mnre. Naas en Johan Steyn se Joubertsvlei-boerdery, Standerton, is teen R9 500 aan die Neuman-broers van Vrede verkoop.
Ramme het gemiddeld R6 203 stuk behaal, 86 dragtige ooie gemiddeld R2 550 stuk verkoop en 470 hamels gemiddeld R1 565 stuk. Die Klipfontein Abattoir het die meeste diere (323 hamels) gekoop. OVK Standerton het die veiling aangebied en mnr. PM Swart was die afslaer.