
Van links is mnre. Frans Hugo, bestuurder van OVK in die Suid- en Wes-Kaap, JG du Toit van OVK Swellendam, Jan en Jaco Schoonwinkel, Wynand du Toit, verkoper, Marshell (Manners) Afrika, rambestuurder by Suidplaas Dohnes, en Kobus Delport, bestuurder van die Dohne-Merino-telersgenootskap van Suid-Afrika.
Suidplaas Dohnes het 'n puik ram teen die hoogste prys van R80 000 op sy produksieveiling in Augustus verkoop.
Suidplaas Dohnes het 'n puik ram teen die hoogste prys van R80 000 op sy produksieveiling in Augustus verkoop. Die kopers is mnre. Jan en Jaco Schoonwinkel van die plaas Swartsdam buite Swellendam. OVK het die veiling aangebied.