
Die duurste ram is teen R10 000 aan mnr. Andrew Scott van Tarkastad verkoop. By Swart (links) is mnr. Dieter Schutte wat Scott op die veiling verteenwoordig het. Ramme het gemiddeld R5 535 behaal. Die duurste ooi is teen R10 700 aan mnr. Uysie Willemse van Heidelberg verkoop, terwyl ooie gemiddeld R3 406 behaal het. Die veiling is aangebied deur BKB en mnr. Len Bornman het die stilveiling behartig.