Staande, van links, is mnre. Kobus Louw van BKB, Len Bornman, afslaer, en Johan Swart, verkoper.
Die totale aanbod op Kinko Dormers se jaarlikse produksieveiling naby Swellendam is opgeraap.
Die duurste ram is teen R13 000 aan mnr. A.G. Rademan van Heidelberg verkoop. Mnr. Saul Beukes is die hanteerder. Ramme het gemiddeld R6 878 behaal, geregistreerde ooie gemiddeld R3 302 en kommersiële ooie gemiddeld R2 871. Altesame 382 lammers is teen gemiddeld R1 289 verkoop. Die veiling is aangebied deur BKB Wes-Kaap.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.