Staande, van links, is mnr. Andrew Miller, afslaer, me. Amorette en mnr. Nicolai Prinsloo, mnre. Leonard Neuman, Prinsloo en Matthys Viljoen, kudderaadgewer. Hurkend is mnr. Pieter Nel, hanteerder.
Die hoogste gemiddelde prys in die geskiedenis vir enige Drakensberger is op die veiling van die Neuman-broers van Vrede behaal.
Altesame 49 bulle is teen ’n puik gemiddelde prys van R93 265 verkoop. Die Kojo-boerdery van Amersfoort het die hoogste prys van R210 000 vir ’n bul betaal. ’n Puik gemiddelde prys van R20 135 is vir 99 verse behaal. Merino’s is ook verkoop. Mnr. James Prinsloo van Volksrust het die duurste ram teen R70 000 gekoop. Altesame 93 ramme is teen gemiddeld R15 340 verkoop. Die aanbod van 400 dragtige ooie het gemiddeld R2 968 behaal.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.