
Twee ramme is teen die hoogste prys van R30 000 stuk verkoop aan mnre. Kosie en Gerhard de Villiers van Vrede en Pikkie en Johan Uys van Volksrust. By een van die duurste ramme is, van links, mnre. Andrew Miller, afslaer, Frans Duminy van CMW, Leonard Neuman, Kosie en Gerhard de Villiers. Pieter Nel (voor) is die hanteerder. Altesame 69 Merinoramme is teen gemiddeld R12 829 stuk uitverkoop. Dragtige ooie het gemiddeld R2 215 stuk behaal. Drakensbergerbulle is ook aangebied en teen gemiddeld R46 142 stuk verkoop. Die hoogste prys van R120 000 is deur Andries van der Walt van Tweeling vir die bul F13 118 betaal. Dragtige Drakensbergerverse het gemiddeld R11 500 stuk behaal. Mnre. Andrew Miller (skape) en Deon Klopper (beeste) was die afslaers. OVK/CMW het die veiling aangebied.