
Van links is mnre. Appie Maritz, afslaer, Wilhelm van Niekerk van BKB wat namens die koper opgetree het, Izak Smit, verkoper, en me. Philinda Kitshoff van Octavosene.
Dohne-Merino-, SA Vleismerino en Dormerramme is op die jaarlikse Weskus-promosieveiling op die plaas De Klip, Vredenburg, aangebied.
Die duurste Dohne-Merino is teen R15 000 aan mnr. P.M. Steyn van Malmesbury verkoop. Dohne-Merinoramme het gemiddeld R10 150 behaal. Die veiling is deur BKB Wes-Kaap aangebied.