
Van links is mnre. Appie Maritz, afslaer, Wilhelm van Niekerk wat namens Lampbrecht opgetree het, Izak Smit, verkoper, en Frikkie Pedro, hanteerder.
Die aanbod Dohne-Merino-ramme op die jaarlikse Weskus-promosieveiling op die plaas De Klip, Vredenburg, is uitverkoop.
SA Vleismerino-ramme is ook aangebied. Die duurste Dohne is teen R21 000 aan mnr. Paul Lampbrecht van Malmesbury verkoop.Dohne-Merino’s het gemiddeld R10 538 behaal en Vleismerino-ramme gemiddeld R9 869. Die veiling is deur BKB Wes-Kaap aangebied.