Daar was ‘n goeie vraag na SA Vleismerino-kudde-ooie op die 28ste produksieveiling van die Senclomar-stoetery. Ooilammers van 12 maande oud gemiddeld R1 850 stuk behaal en kortgeskeerde volbek ooie wat pas lammers gespeen het, is teen R1 800 stuk verkoop.

Die duurste SA Vleismerinoram (nr. 5055 VAG) op die veiling op Winburg is teen R9 500 verkoop. Die verkoper was mnr. Van Aardt Greyling (regs) van Ricksuhill, Lady Grey, en die koper me. Hannelie Pienaar (middel) van Edenburg. By hulle is mnr. André van Zyl, afslaer. Altesame 20 ramme is teen gemiddeld R5 750 stuk verkoop. OVK/CMW het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.