AFGRI
BEAN
08 Jun
-
9490,6
-72,40
CORN
08 Jun
-
4490
-103,00
SOYA
08 Jun
-
7683,40
-44,60
SUNS
08 Jun
-
8480
68,00
WEAT
08 Jun
-
6600
20,00
WMAZ
08 Jun
-
3575
-106,00
YMAZ
08 Jun
-
3670
-121,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Boereplanne op Nampo Kaap slaan beoordelaars vir ’n ses

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Matheus Venter by die mobiele saadskoonmaker wat hy gebou het en waarmee hy ’n eerste plek behaal het. Foto's: Joanie Bergh
Mnr. Matheus Venter by die mobiele saadskoonmaker wat hy gebou het en waarmee hy ’n eerste plek behaal het. Foto's: Joanie Bergh
’n Boer sukkel nie, hy maak altyd ’n plan.

Selfs al kos daardie plan hom ’n week, ’n paar maande of ’n jaar om te maak: Hy sál deurdruk totdat daar ’n oplossing is.

Dít was duidelik wat deelnemers in vanjaar se Boerepatent-kompetisie gedoen het toe hulle hul vindingryke planne op Nampo Kaap ten toon gestel het.

Sommige planmakers het maande lank daaraan gewerk en ander het ná ’n goeie dinkskrum rondom die braaivleisvuur sommer binne ’n paar dae ’n oplossing vir ’n voortslepende probleem gekry.

Landbouweekblad het in 2018 kragte saamgesnoer met Omnia en Graan SA om dié gewilde kompetisie aan te bied. Jaarliks lewer die kompetisie op die Nampo-oesdag buite Bothaville uitstekende voorbeelde van boere se vindingrykheid op.

Nou was dit Nampo Kaap se beurt.

En volgens mnr. Andries Theron, voorsitter van Graan SA, het vanjaar se deelnemers geensins teleurgestel nie. In die kompetisie se tweede jaar op Nampo Kaap sê Theron die deelnemers het alle verwagtinge oortref.

“Die planne wat ons gesien het, was van topgehalte en die deelnemers het regtig baie moeite daarmee gedoen. Maar wat ons die meeste beïndruk het, was die verskeidenheid van die produkte wat ons gesien het, en die netheid daarvan. Dit was uitstekend.”

Onder die sowat 30 deelnemers – die meeste vanuit die Overberg en Swartland – was ervare boere, leerders en ’n pensioentrekker.

Almal het met één doel voor oë gewerk: Hoe kan hulle landboutoerusting verbeter sodat dit méér kan doen en boerderyprobleme uit die weg te ruim?

Van die planne wat die beoordelaars gesien het, was onder meer ’n watervlakaanwyser, ’n eiesoortige hoendernes, ’n onkruidmaler, ’n bosvarkhok, ’n sakoophouer en ’n vleisroker.

“Dit was planne wat enigeen op die plaas in sy hande kan neem en inspan in die boerdery. Of iemand sukkel om ’n hek toe te maak of hoe om voersakke vol te maak: Daar is ’n boereplan vir alles,” vertel Theron.

nampo kaap,boereplanne
Die 18-jarige Righardt Stander aan die Hoërskool Oakdale op Riversdal het vanjaar ’n spesiale prys gekry vir sy houtklooftoestel.

Vanjaar se kompetisie het ’n spesiale prys aan die 18-jarige Righardt Stander, 'n leerder aan die Hoërskool Oakdale, besorg vir ’n houtklower wat hy gebou het. Die klower kan stukke hout – ongeag die dikte daarvan – deurkloof en is ’n droomtoestel vir elke vuurmaakplek.

“My onderwyser mnr. Johan van Niekerk het gesê ek moet inskryf,” vertel hy. “Ek het nog nie my ouers gebel nie, maar ek is seker hulle sal baie trots wees dat ek iets gewen het.”

Mnr. Matheus Venter, bees-en-skaapboer van die plaas Laserena in die Strandveld, is die algehele wenner in die afdeling gemodifiseerde masjinerie, werktuie en landboutoerusting.

Hy het ’n mobiele saadskoonmaker gebou en gesê hy het besluit om self een te bou toe hy agterkom hoeveel boere ’n behoefte daaraan het, maar sukkel om iewers een aan te koop.

Mnr. Kobus Nagel, ’n 72-jarige pensioentrekker van Kuilsrivier, het die tweede plek verower in die afdeling nuwe masjinerie, werktuie en landboutoerusting met ’n John Deere-grassnyer wat hy omgetower het in ’n hark, ’n besem en ’n sproeier wat onder meer gif en kunsmis kan spuit.

nampo kaap,boereplanne
Die pensioentrekker mnr. Kobus Nagel by die werktuig wat hy omskep het in onder meer ’n hark, ’n besem en ’n spoeier.

Volgens hom kan enigiemand wat ’n tuin het, sy toestel gebruik. Dit was juis sy frustrasie met sy eie tuin in Kuilsrivier wat hom aangespoor het om dié multi-funksionele grassnyer te bou. En met al die tyd wat hy het, en sy vrou se ondersteuning het hy weggespring met ’n oplossing waarby boere ook sal kan baat vind.

Ander wenners in vanjaar se kompetisie op Nampo Kaap is:

  • In die afdeling nuwe masjinerie, werktuie en landboutoerusting het mnr. Ettienne Zeeman die eerste plek behaal met sy watervlakaanwyser. Mnr. Henk Prins het die tweede plek behaal vir ’n onkruidmaler wat hy uit ’n 1950 John Deere-toestel gemaak het, en mnr. Pieter du Toit die derde plek vir ’n sakbek.
  • In die afdeling gereedskap, elektries sowel as nie-elektries, het mnr. Pieter Paul Pienaar die eerste plek behaal vir ’n pasring vir trekkerbande. Mnr. Gert Aggenbach het die tweede plek behaal vir sy bosvarkhok en mnr. Moos Adendorf die derde plek vir sy mengtenk.
  • In die afdeling huis en tuin het mnr. Gert Dani?ls die eerste plek behaal vir sy unieke hoendernes en mnr. Willie Bester die tweede plek vir sy vleisroker.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.93
+0.9%
Rand - Pond
23.62
+0.6%
Rand - Euro
20.33
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.66
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
1,013.31
-0.8%
Palladium
1,381.43
-0.9%
Goud
1,947.53
+0.4%
Silwer
23.75
+1.3%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,760
-0.1%
Alle aandele
77,103
-0.0%
Hulpbronne 10
69,178
-1.5%
Industriële 25
103,380
-0.1%
Finansiële 15
15,661
+2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkellopende man opsoek na sy prinses.
Tall dark and handsome 😆 my profiel foto is onlangs geneem. Nie sleg vir 44 nê? Afrikaans. Hou van goeie musiek, Netflix, kosmaak, braai en lekker kuier. Ek geniet...
Kom ons ry die sonodergang in
Ek is n vriendelike mens en gee te veel om. Hou van dans. Baie onafhanklik. Is meetal easy going en hou van avonture jy hoef nie ryk te wees om my te bederf nie briefies en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot