AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

KYK: Dinge loop nóg lekker(der) by Nampo!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Bredasdorppark. Foto: Alani Janeke
Die Bredasdorppark. Foto: Alani Janeke
Dit is gróter, béter en besiger. Nampo Kaap het die afgelope twee dae reeds meer as 16 000 voete na die feesterrein gelok.

Dit is die derde keer dat dié gewilde fees op Bredasdorp aangebied word. Hierdie slag is elke staanplek op die terrein tjokvol gepak.

Die fees spog vanjaar met meer as 500 uitstallers wat onder meer die nuutste werktuie, trekkers, stropers en boereplanne ten toon stal.

Daar is ook indrukwekkende 4x4-demonstrasies wat besoekers – bakkieliefhebbers ofte nie – in hul spore stuit.

Nampo Kaap is die jaarlikse speelplek vir boere in die Wes-Kaap wat daarop gemik is om hulle te inspireer, hul kennis te verbreed en om hulle bloot te stel aan nuwe toerusting wat ’n aanwins vir ’n boerdery sal wees.

En dis alombekend: Nampo is beslis nie ’n fees nét vir die boer nie.

Pa, ma, ouma, oupa, kinders en kleinkinders. Daar is iets vir almal – selfs vellies en gekleurde kouse vir elke persoonlikheid . . .

Terwyl ou treffers soos “Come on Eileen” deur Dexy’s Midnight Runners oor die terrein se luidsprekers speel, sit poegaai feesgangers op die grasperk en lê weg aan varsgebakte roosterkoeke met tuisgemaakte konfyt, pannekoeke, aarbeie met room of gebraaide wors, krummelpap en tamatiesmoor.

“Dit herinner my aan my kinderdae toe my pa ons altyd na die dorp se Boertjiefees geneem het,” vertel die 82-jarige Gerda Swanepoel met ’n dankbare glimlag.

Gerda staan saam met ander feesgangers in ’n tent waar skape, miniatuurperde, donkies, spoggerige skouhoenders, alpakkas, Friesperde en verskillende skaap- en bokrasse ten toon gestel word.

Maar wees gewaarsku: Dit is moeilik om jou peuter uit dié tent te kry!

Nampo
’n Jolige gevoel! Ná twee dae het reeds meer as 16 000 mense Nampo Kaap op Bredasdorp bygewoon. Foto: Joanie Bergh
Nampo
Vellies, vellies en nog meer vellies. In elke kleur vir elke geur. Foto: Joanie Bergh
nampo
Nampo Kaap spog vanjaar met pragtige blommeuitstallings. Foto: Joanie Bergh
Nampo
Henk Prins, een van die wenners in vanjaar se Landbouweekblad boereplan-kompetisie. Foto: Joanie Bergh
Nampo
Margaret Kies van Elim wat by van haar gunsteling fynbosblomme staan. Foto: Joanie Bergh
nampo
Kalahari-bokkies wat ten toon gestel word. Foto: Joanie Bergh
Nampo
Die miniatuurperde – ’n merrie en haar vulletjie – trek heelwat aandag. Foto: Joanie Bergh
nampo
Studente by Landbouweekblad se stalletjie help graag. Foto: Joanie Bergh
nampo
Ek soek ’n skapie!” Zoey Mentoor (10) en haar sussie, Heinsley (3), het by Landbouweekblad se stalletjie ’n draai gemaak. Foto: Joanie Bergh
nampo
Hollard het 'n skaapkopete aangebied en daar was behoorlik gesmul. Foto: Alani Janeke

Vanjaar is daar egter geen beeste te sien op die fees nie weens die streng bek-en-klouseer-regulasies wat steeds van krag is oor die vervoer van vee.

Wanneer jy tot aan die einde van die terrein stap, dan ruik jy die soete geur van fynbos.

Die Elim-blommefees in een van die tente is vanjaar ’n groot trekpleister. Elim, ’n klein sendingdorp sowat 50 km van Bredasdorp, stal meer as 112 verskillende soorte fynbos uit. Die tentoonstellings is plek-plek so hoog soos die dak. Dit het Elim-inwoners twee dae gekos om die eens gewone tent in ’n fynboswonderwêreld te omskep.

“ ’n Kantoor-job was nog nooit vir my bedoel nie. Wanneer ek in die natuur is, is ek op my gelukkigste,” vertel Margaret Kies (66) terwyl haar hande oor haar gunsteling-fynbosblomme waai.

Margaret se kennis van fynbos is verstommend. Sy kan jou alles van enige plant in die Elim-streek vertel – selfs watter plant die regte doepa is vir ’n spesifieke kwaal.

Soggens staan bakkies en motors kort ná sonop reeds voor die terrein se hekke en besoekers wag geduldig om vanjaar se Nampo Kaap plat te loop.

Een van hierdie besoekers is Henk Prins, wat Woensdagoggend vroeg saam met sy 11-jarige seun, Kobus, vanaf Ceres gery het. Prins boer met onder meer vrugte, groentesaad en koeie.

Hy het vanjaar aan die Landbouweekblad-boereplankompetisie deelgeneem en het sy ontwerp van ’n onkruidmaler ingeskryf waarmee hy ’n tweede plek behaal het.

“My pa het altyd gekla oor die onkruid wat agterbly nadat ons gestroop het. Dit het my laat besluit om ’n ou 1950 John Deere-hamermeul wat in die skuur gestaan het, te omskep in ’n maler. Jy sit hom aan die stroper vas en hy maal die onkruid totdat dit heeltemal fyn opgebreek is op die grond.”

Toit Wessels, assistent-bestuurder van bemarking en Nampo by Graan SA, sê hulle is baie dankbaar oor die publiek se opkoms van die afgelope twee dae. Die hekke van die fees is oop tot Saterdagmiddag en Wessels glo hulle gaan vanjaar meer as 25 000 feesgangers verwelkom in die Overberg.

Nampo Kaap, wat die kleinboet is van die Nampo-oesdag op Bothaville, is kleiner omdat dit grotendeels net deur inwoners in die Wes-Kaap besoek word. Wessels sê hulle hou van hoe die fees tans lyk en beoog om dit op hierdie grootte te hou.

Die afgelope twee dae het die mense hierheen gestroom en die snikhete dae het duisende mense nie afgeskrik nie.

Nou – kort op die naweek se hakke – lyk dit belowend dat 2022 moontlik Nampo Kaap se suksesvolste jaar nóg gaan wees.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
-0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
You, Me and Memories
Ek is n rustige mens, nie tyd meer vir dramas nie. Lewe het my n paar houe gegee, maar is nogsteeds hier. Ou cliche hou van kamp en visvang. Is genaklik in die kombuis. Indoor...
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot