
Die maatskappy STIHL streef voortdurend daarna om die werk vir sy klante makliker en geriefliker te maak. Dit is wat sy produkte uniek en hom ’n leier in die landboubedryf maak.
Die maatskappy is in 1926 in Duitsland gestig deur ’n ingenieur, Andreas Stihl, wat ’n revolusionêre enjingedrewe tweemansaag ontwikkel het. Sedertdien het die maatskappy van krag tot krag gegaan, en STIHL-toerusting word vandag in meer as 160 lande wêreldwyd verkoop.
STIHL het reeds sedert 1996 ’n teenwoordigheid in Suid-Afrika toe die eerste STIHL-filiaal in Afrika gestig is. STIHL is ’n veelbekroonde vervaardiger van kettingsae en kragtoerusting vir buitewerk. Die maatskappy is trots op sy vernuwende presisie-ingenieurswese en die duursaamheid van sy toerusting.
Hy bied ’n omvattende reeks kraggereedskap van uitmuntende gehalte, van petrolaangedrewe en elektriese produkte tot koordlose (battery-aangedrewe) produkte vir bedrywe soos die landbou, bosbou, konstruksie en landskap, asook munisipaliteite en die publiek.
STIHL-produkte word in Suid-Afrika versprei deur ’n netwerk van meer as 200 spesialis-handelaars wat kundige advies oor die produkte en uitstekende naverkopediens bied. Gebruikers kan seker wees daar is ’n STIHL-handelaar naby hulle wat sal verseker dat hulle net die beste advies, opleiding en naverkopediens kry sodat hulle volkome vertroue in hul produk kan hê.
Spesiaal vir boere
Die maatskappy is opgewonde om vanjaar op Nampo sy reeks ten toon te stel wat spesifiek vir die boerderybedryf ontwikkel is. Die BT 230-awegaar, WP 230-waterpomp en BC 230-grondbewerker het dieselfde gehalte en duursaamheid wat van alle STIHL-produkte verwag word, teen ’n prys wat geskik is vir klein- en opkomende boere.
Die MH 610- en MH 710- tandwerktuie sal ook te sien wees. Hierdie werktuie het die werkwyse van klein- en opkomende boere verander. Dit bespaar hulle tyd en maak dit soveel makliker om die grond gereed te kry vir plant.
Dié werktuie is veral nuttig as die werkoppervlakte te klein vir ’n trekker is. Die MH 610 het ’n 80 cm-bewerkingswydte, terwyl die MH 710 ’n kragtiger enjin en ’n 100 cm-werkwydte het. Dit kan enige tyd verander word deur die lemme van die verdeelbare skoffelstelsel aan te pas, wat baie nuttig is vir werk in smal ry-spasiërings.
Die MH 610 en MH 710 het albei indrukwekkende stabiliteit en ’n ligte stuuraksie, wat dit ook geskik vir gebruik deur vroueboere maak. Die STIHL-span sien daarna uit om klante vanjaar weer van aangesig tot aangesig op Nampo te sien en is gereed om sy opwindende reeks produkte aan hulle bekend te stel.