AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Kry topdiere op Poggenpoel Molopo-Bonsmara-veiling

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hierdie Bonsmarabul, BBM 16-96, seun van BBM 13-21, het diep spore in die Poggenpoel Molopo-Bonsmara-stoetery getrap het. Hy word vanjaar aangebied op die Poggenpoels se produksieveiling wat op 31 Mei om 11:00 by die Noord-Kaap Lewende Hawe-veilingslokaal op Stella gehou word. FOTO: VERSKAF
Hierdie Bonsmarabul, BBM 16-96, seun van BBM 13-21, het diep spore in die Poggenpoel Molopo-Bonsmara-stoetery getrap het. Hy word vanjaar aangebied op die Poggenpoels se produksieveiling wat op 31 Mei om 11:00 by die Noord-Kaap Lewende Hawe-veilingslokaal op Stella gehou word. FOTO: VERSKAF
Die produksieveiling van Poggenpoel Molopo Bonsmara beloof om vanjaar, soos elke jaar, ’n hoogtepunt te wees.

Die Bonsmara-stoetery Poggenpoel Molopo van mnr. Kobus Poggenpoel van die plaas Aliceville by Setlagole naby Vryburg, Noordwes, is wyd bekend. Sy produksieveiling trek jaarliks kopers van reg oor Suid-Afrika. Verlede jaar het die 78 bulle wat verkoop is, gemiddeld R144 000 behaal.

“Dit stem ons tot diep dankbaarheid teenoor al die lojale klante wat ons elke jaar ruim ondersteun,” sê Poggenpoel, wat saam met sy twee seuns, Phillip en Kobus jr., boer. “Die klante spoor ons aan om elke jaar die diere te verbeter.” Die prestasie van die Poggenpoels se stoetery spreek vanself. Met seleksie konsentreer hulle onder meer op reproduksie, produksie en speengewigverhouding.

“As jy jou huiswerk doen, is ’n 50%-speengewigverhouding of selfs meer baie haalbaar.” Hul Bonsmaras word op gemiddeld 205 dae oud gespeen en weeg gemiddeld 270-280 kg – bulle én verse. Hul koeikudde het ’n besettingsyfer van meer as 90%.

Die Poggenpoels se veiling vind vanjaar op 31 Mei om 11:00 by Noord-Kaap Lewende Hawe se veilingslokaal op Stella plaas. Hulle hoop om 80 sterk jong bulle aan te bied, waaronder kuddevaars. Een kuddevaar, BBM 16-96, seun van BBM 13-21, behoort ’n hoogtepunt te wees. Daar sal ook 200 vroulike diere in verskillende produksiestadiums wees.

“Ons is dankbaar dat ons getal bulkopers elke jaar groei. Elke nuwe koper is vir ons ’n nuwe vriend,” sê Poggenpoel. Hulle nooi almal om die veilingsdag saam met hulle deur te bring.

Die Poggenpoels bied vanjaar 200 vroulike diere aan by hul produksie-veiling op 31 Mei. Vrugbaarheid is ’n eienskap wat laag oorerflik is, maar hulle het deur die jare baie aandag daaraan gegee. Hul koeikudde het gemiddeld ’n besettingsyfer van 90% en meer. FOTO: VERSKAF

Die Poggenpoels is dankbaar vir die borgskappe deur Molatek, MSD, AgriMark, Kaap Agri en Noord-Kaap Lewendehawe Koöp Vryburg.

Navrae:
Mnr. Kobus Poggenpoel sr., 082 946 9677; mnr. Phillip Poggenpoel, 082 944 4561; mnr. Kobus Poggenpoel jr., 082 350 6231, e-pos: poggenpoelkobus@ gmail.com.
Molatek
Noord-Kaap Lewendehawe
Agrimark


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot