AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Leerders presteer met boereplanne

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die klein kunsmisstrooier waarmee twee leerders van die Hoërskool Bultfontein ’n tweede prys in die afdeling vir gemodifiseerde masjinerie, implemente en landboutoerusting verwerf het. Van links is GJ Nel van Senekal, Jadin Johnson van Aliwal-Noord en hul landboutegnologie-onderwyser, mnr. BG Marx. Foto: Charl van Rooyen
Die klein kunsmisstrooier waarmee twee leerders van die Hoërskool Bultfontein ’n tweede prys in die afdeling vir gemodifiseerde masjinerie, implemente en landboutoerusting verwerf het. Van links is GJ Nel van Senekal, Jadin Johnson van Aliwal-Noord en hul landboutegnologie-onderwyser, mnr. BG Marx. Foto: Charl van Rooyen
Drie leerders het die meer ervare boere gewys waar Dawid die wortels gegrawe het deur pryse in te palm in vanjaar se kompetisie vir boereplanne op die Nampo-oesdag by Bothaville.

Die kompetisie is met die samewerking van Landbouweekblad en Omnia Kunsmis gehou.

Die oesdag, die grootste saamtrek van boere, werktuigvervaardigers en ander betrokkenes in die landbou, is weer gehou nadat dit twee jaar weens die covid-19-pandemie nie kon plaasvind nie. Die kompetisie vir boereplanne was ’n baie gewilde besoekpunt vir man en muis.

Nicoline Goosen, dogter van mnr. Bertus Goosen van Botswana, wat vier van die vyf afdelings gewen het, was die naaswenner in die huis-en-tuin-afdeling met haar oorgooipyp. Die patent bestaan uit vier leë 20 liter-kanne waarvan die bodems uitgesny is. Die een pas in die ander en vorm so ’n breë pyp waardeur mielies of meel vanuit ’n sleepwa of vragmotor tot in ’n hamermeul se invoergeut gegooi word. Die raamwerk aan die bokant pas netjies oor die wa of vragmotor se kant.

Die oorgooipyp voorkom dat van die voer vermors word. Sy sê dit bespaar ook baie tyd as iemand alleen moet voer maal.

Nicoline is ’n tuisskolier en is bykans klaar met haar matriekjaar. Sy het nog nie besluit wat sy ná skool gaan doen nie.

Boereplanne Nampo 2022
Nicoline Goosen (16) van Botswana was die naaswenner in die huis-en-tuin-afdeling met haar oorgooipyp. Sy is die dogter van mnr. Bertus Goosen wat in die distrik Lobatsi in Botswana boer. Hy het vier van die vyf afdelings gewen het. Foto: Charl van Rooyen

In die afdeling vir gemodifiseerde masjinerie, implemente en landboutoerusting was twee leerders in matriek aan die Hoërskool Bultfontein, GJ Nel van Senekal en Jadin Johnson van Aliwal-Noord, tweede met hul kunsmisstrooier. Hulle het dit gebou om die skool se rugbyveld te bemes. ’n Trekker met ’n kunsmisstrooier is te swaar vir die veld omdat die veld altyd nat gehou word. Die liggewig-strooier word met ’n selfaangedrewe grassnyer getrek, kan 50 kg kunsmis hou en strooi die kunsmis in ’n strook van 3 m uit. Die uitmeetapparaat is gestel om 100 kg kunsmis per hektaar toe te dien.

Hulle het die werktuig onder die toesig van hul landboutegnologie-onderwyser, mnr. GB Marx, gebou.

Nicoline se pa het die volgende afdelings gewen: nuwe masjinerie, implemente en landboutoerusting met sy veeldoelige spuit; gemodifiseerde masjinerie, implemente en landboutoerusting met ’n hoefsmidwerkstafel; gereedskap (elektries en nie-elektries) met sy hout-en-paal-uittrekker, en huis-en-tuin met sy wegstaan-PVC-isoleerders vir kampheinings.

In die ope afdeling het mnr. JP Rossouw van Potchefstroom met sy bye-uithaler koning gekraai. Hy het ook ’n spesiale prys daarvoor ontvang.

Nog ’n spesiale prys is toegeken aan mnr. Quintin le Roux van Stilfontein vir sy koring- en sojaboonstropertafel wat ongeveer die helfte van ’n nuwe een se prys gekos het. Toe hy sewe jaar gelede daaraan begin werk het, het dit hom ongeveer R500 000 gekos.

Volledige artikels oor die wenners verskyn eersdaags in Landbouweekblad.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot