AFGRI
BEAN
29 Nov
-
7600
0,00
CORN
29 Nov
-
3680
0,00
SOYA
29 Nov
-
7573
0,00
SUNS
29 Nov
-
11385
0,00
WEAT
29 Nov
-
6333
0,00
WMAZ
29 Nov
-
3476
0,00
YMAZ
29 Nov
-
3695
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

NWK staan sterk tydens pandemie

akkreditasie
Ondanks al die struikelblokke wat Covid-19 meebring, gaan NWK uit sy pad uit om steeds sy boere te ondersteun. FOTO: NWK
Ondanks al die struikelblokke wat Covid-19 meebring, gaan NWK uit sy pad uit om steeds sy boere te ondersteun. FOTO: NWK
Die NWK-groep het ’n paar jaar gelede ’n nuwe strategiese rigting ingeslaan en het hom geposisioneer as ’n dinamiese vennoot in ’n veranderende besigheidsomgewing. Min het Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy – vanjaar ’n trotse 111 jaar – geweet hoe gunstig dit hom in 2020 sou plaas om op ’n wêreldpandemie te reageer.

NWK se hernude strategie het ten doel om saam met sy belangegroepe veranderinge toe te pas wat tred hou met die sakeomgewing wat voortdurend vinnig verander.

“Ons het meer gekonsentreer op die globale sake-omgewing se veranderinge, min wetend dat ’n pandemie die omgewing radikaal en in ’n kort tydperk sou beïnvloed,” sê mnr. Theo Rabe, uitvoerende hoof van NWK.

“Ons het veral die afgelope twee jaar op ons personeel se betrokkenheid in die organisasie gekonsentreer, want sonder hul bewustheid, begrip van en verbintenis tot ’n strategie gaan enige organisasie sukkel om dit suksesvol uit te voer. Hierdie benadering het ons in ’n mate voorberei op die veranderinge wat op kort kennisgewing deur Covid-19 voor ons deur gelê is.”

INPERKING

Die sakeomgewing waarin NWK funksioneer, is die minste beïnvloed deur die grendelstaat. Tog was daar sekere maatreëls, veral tydens vlak 5, wat NWK gedwing het om vinnig sy werkwyses en optredes as werkgewer aan te pas om die veiligheid van personeel en klante te verseker.

“Ons kon vinnig ons personeel wat nie direk by die bedryfsomgewing betrokke is nie, in staat stel om van die huis af te werk. Ander personeel roteer steeds om ’n groot samekoms van mense te vermy. In die bedryfsomgewing was dit egter nie moontlik nie en is die grootste deel van ons werkerskorps steeds hierby betrokke,” sê Rabe.

VERANDERENDE MARK

NWK Retail het in aanloop tot die inperking ’n wesenlike toename in die verkoop van sekere produkte aangeteken. Kruideniersware het van die rakke gevlieg, vermoedelik weens paniekaankope. Die aanvraag na sekere huishoudelike produkte was besonder hoog, wat leweringsprobleme veroorsaak het.

Die verkope van produkte vir higiëne, soos seep, skoonmaak- en ontsmettingsmiddels, het byna verdubbel in Mei 2020 vergeleke met Mei 2019. NWK se handelsegment moes by hierdie veranderende neigings aanpas. “Aankopers moes onmiddellik hul klem verskuif na produkte wat noodsaaklik was weens hierdie omstandighede.

Produkbestuurders se taak was nie maklik nie – hulle moet steeds worstel om gehalteprodukte teen mededingende pryse aan te koop om deurlopend in klante se behoeftes te voorsien,” sê me. Christine Fraser, NWK Retail se bemarkingsbestuurder.

Talle leweransiers funksioneer steeds nie teen volle kapasiteit nie en invoer is baie ingewikkelder weens regulasies. Dit bring vertragings mee en hou koste-implikasies in.

HELPENDE HAND

NWK het nie sy korporatiewe sosiale verantwoordelikheid afgeskeep nie. Die maatskappy het sy eie 3D-drukker ingespan om sowat 1 800 gesigskerms te druk. Nie net is personeel wat in noue kontak met klante is hiermee toegerus nie, maar is dit ook gratis onder gesondheidswerkers by 60 mediese instellings versprei.

NWK en NWK Retail het saam ook beskermende persoonlike toerusting soos handontsmettingsmiddel, handdoekpapier en handskoene aan behoeftige skole geskenk.

Voorts neem NWK, met die samewerking van Botselo Mills, aan Agbiz en Graan SA se voedselwaardekettingprojek deel. Hulle het reeds 1 640 sakke mieliemeel van produsente se skenkings vervaardig en 1 119 hiervan is reeds aan behoeftige gemeenskappe uitgedeel.

VIR PRODUSENTE

Noordwes se produksiegebied is geseën met ’n baie goeie mielie-oes. “NWK het ’n sakebenadering om binne sekere riglyne ons produsente by te staan en hulle op hul plase te hou. Die plattelandse boerderyomgewing ontvolk ongelukkig teen ’n baie hoë tempo, wat ’n ongunstige uitwerking op NWK se sake het.

Daarom konsentreer ons nou daarop om ons aandeelhouersbasis aan te pas om meer produsente in te sluit. Ons voorsien dat die NWK-groep binnekort weer volledig in produsente se besit sal wees,” sê Rabe. Hy noem die volgende insiggewende uitwerkings wat die pandemie het: Om ’n veilige werkomgewing te skep, het ’n wesenlike impak op bedryfsuitgawes.

As jy na jou personeel omsien, sien mense werklik die bydrae wat hulle lewer wanneer nood ontstaan. Om van die huis af te werk, is inderdaad wel moontlik vir sekere afdelings. Wesenlike koste word bespaar waar personeel van die huis af werk, veral by hoofkantore.

Reiskoste en tyd wat voorheen aan vergaderings bestee is, kan wesenlik ingekort word deur gebruik te maak van elektroniese opsies, hoewel persoonlike interaksie ingeboet word. Danksy tegnologie gaan e-handel baie vinnig momentum kry. Die proses wys ongelukkig ook onproduktiwiteit in sekere ondernemings uit en kan tot verdere werkverliese lei.

“Ons dank ons Hemelse Vader vir die seëninge in hierdie moeilike tye, maar dink ook aan ander sakesektore wat nie so gelukkig is nie en NWK wens hulle voorspoed toe. “Ons ekonomie moet in sy geheel kan funksioneer – daarsonder sal die landbou-omgewing nie suksesvol kan voortbestaan nie,” sê Rabe.

Navrae:


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.18
+0.6%
Rand - Pond
21.57
-0.0%
Rand - Euro
18.24
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.3%
Goud
1,794.65
+0.1%
Silwer
23.38
+1.0%
Palladium
1,797.01
+2.6%
Platinum
974.00
+1.9%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
0.0%
Alle aandele
68,615
0.0%
Hulpbronne 10
64,074
0.0%
Industriële 25
92,909
0.0%
Finansiële 15
12,995
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na nuwe vriende
Reguit en eerlik en plat op die aarde. Hou van buite lewe en tyd saam kinders. Wat j sien is wat j kry.
Kom ons kyk wat hou die toekoms in
Ek is n Opregte, eerllike en baie nekiese persoon, wat graag weer my geluk wil deel met n maat en so sal ons sien wat hou die toekoms in.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot