AFGRI
BEAN
05 Aug
-
8677
0,00
CORN
05 Aug
-
3901
0,00
SOYA
05 Aug
-
8454
0,00
SUNS
05 Aug
-
10200
0,00
WEAT
05 Aug
-
7165
0,00
WMAZ
05 Aug
-
4161
0,00
YMAZ
05 Aug
-
4156
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Ope brief deur dr. Pieter Taljaard: 'Wie is Nampo?'

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nampopark op Bothaville. Foto: Liza Bohlmann
Nampopark op Bothaville. Foto: Liza Bohlmann
Dr. Pieter Taljaard, uitvoerende hoof van Graan SA, het hierdie ope brief geskryf na aanleiding van die reaksie op sosiale media rakende die 2022 Nampo-oesdag se covid-19-regulasies vir besoekers.

Nampo en Graan SA het die afgelope week uit verskeie oorde onder hewige kritiek deurgeloop as gevolg van die covid-19-regulasies vir besoekers van Nampo 2022 – en sommige van die oorde was verbasend. Uit die staanspoor, ter inligting: Ons toepassing van die regulasies is gegrond op die rampbestuurswet se regulasies se oorgangsmaatreëls wat by bit.ly/3xNJJ90 gelees kan word.

Ek dink ’n goeie plek om te begin, is om almal weer voor te stel aan Nampo en te herinner wie en wat Nampo is.

Ek weet baie weet dit, maar Nampo, die handelsmerk en die plaas buite Bothaville met sy infrastruktuur behoort aan Graan SA. Die volgende logiese vraag is dan: Aan wie behoort Graan SA? Dis ’n eenvoudige antwoord: Graan SA behoort aan die huidige en vorige graanprodusente van Suid-Afrika, asook die toekomstige geslagte graanprodusente. Graan SA is ’n vrywillige organisasie sonder winsoogmerk wat deur graanprodusente gestig is. Graan SA word steeds gefinansier uit graanprodusente se vrywillige heffings wat hulle betaal op die graan en oliesade wat hulle produseer.

Om hierdie rede konsentreer en werk Graan SA suiwer op die mandate wat sy lede op ’n jaarlikse kongres aanvaar. Dit is juis omdat afgevaardigdes na die Graan SA-kongres vroeg in Maart vanjaar, juis op Nampo-park, saamgestem het oor dié manier waarop ons Nampo gaan aanpak, en dit op groot risiko en onsekerheid in daardie stadium.

Nampo het ontstaan uit drie graanprodusente naby Bloemfontein wat die behoefte gesien het om vir hulself en mede-produsente ’n geleentheid daar te stel waar hulle die nuutste landboutoerusting in aksie kon sien. Daarmee saam kon ander insetverskaffers die geleentheid gegun word om met huidige en voornemende kliënte te skakel, nuwe produkte bekend te stel, idees uit te ruil en ook netwerke en verhoudinge bou.

Nampo het deur die jare gegroei en ander stalletjies het bygekom om dit ook vir die produsente se geliefdes ’n unieke en aangename ervaring te maak, omdat ons produsente en lede familiemense is.

Die hoofdoel van Nampo vandag is steeds om die geleentheid daar te stel waar voedselprodusente van Suid-Afrika en buurlande na die nuutste tegnologie en produkinnovasies kan kom kyk, met kundiges in die bedryf kan kom gesels en nuwe idees kom kry. Ek het soveel keer al gesien, die ou wat die meeste leer op Nampo, is die ou wat staan en luister hoe ander oor ’n saak of kwessie gesels. Ja, baie keer weet so luisteraar nie eens hy het ’n probleem nie, maar deur te luister kan hy sy eie voortbestaan en winsgewendheid dalk verbeter – die voordeel van om te kan netwerk.

Ten tweede is Nampo al van 1967 af ook gebruik om bykomende geld in te samel om die nodige bedrywighede – dit is nou om hul eie sake beter te maak – te kan finansier. Die doel met Nampo is dus ook om bykomende geld in te samel – die geleentheid is daar, en om die park te onderhou kos ’n aardige bedraggie per jaar – om doelwitte te kan bereik om sake vir voedselprodusente van Suid-Afrika beter en volhoubaar te maak.

Hoewel Nampo se hoofdoel nie wins is nie, gaan dit oor die besigheid wat daar en in die toekoms reg oor die hele landbouwaardeketting gedoen word. Dit is hoekom Nampo belangrik is, nie net vir die landbou nie, maar vir Suid-Afrika. Dit gaan dus nie net oor die fisiese besigheid wat gedurende die week van Nampo gedoen word nie, maar veel meer, sodat die voedselprodusente kan aanhou om die beste gehalte kos teen die beste pryse te produseer vir die mense van Suid-Afrika.

Die gemiddelde produsent bring bykans sewe uur deur op ’n dag se besoek aan Nampo. Dit is belangrik om te weet dat al die kos wat daar te koop aangebied word, deur plaaslike en omliggende dorpe se instellings soos kerke, skole en boereverenigings bedryf word om ook hul geld aan te vul. Jaarliks word honderde duisende rande sodoende in gemeenskappe teruggeploeg.

Daar is verskeie faktore wat die winsgewendheid van die produksie van graan en oliesade beïnvloed – waarvan die regering een van die moeilikste is. Graan SA en verskeie ander organisasies in die georganiseerde landbou is daagliks besig – op die veld, in die arena – om saam in hierdie skrums te druk. Te druk vir vryheid, regverdigheid, vir billike en eerlike staatsdienste, werkende infrastruktuur en ’n veilige land vir ons en ons kinders.

Deur die huidige reaksie teenoor Nampo 2022 word die span, waarvan die graanprodusente deel is, deur hul eie toeskouers uitgejou, gevloek en sleggemaak. Die spelers op die veld moet die punte aanteken – en die stryd op die veld is moeilik genoeg.

En ongeag wat op die paviljoen aangaan – die spel op die veld gaan onverpoos voort.

Dis haas onmoontlik as die mense wat jou moet ondersteun, óók dan teen jou is. Help ons eerder, ondersteun en motiveer ons eerder, want dis ’n groot stryd dié. Ons speel vir die titel en ons moet ons plek bly oop speel. Jy moet op die veld wees om punte te kan aanteken. Dis nie ons reëls nie, maar die lesse wat ons in die verlede geleer het, moet ons onthou. Weet net daar is ’n plan, ’n duidelike strategie agter alles.

Graan SA is trots om te kan sê ons ontvang 100% skoon oudits. Dit is ’n bewys van die verantwoordelike manier waarop ons dinge hanteer en bestuur. Daardie integriteit gaan ons nie inboet nie.

Hoe ander organisasies hul besigheid bedryf en regkry wat hulle regkry, het niks met ons te doen nie. Ons het ’n taak voor hande, en dis om ’n suksesvolle Nampo 2022 aan te bied – tot voordeel van ons lede, graanprodusente, gemeenskappe en die hele Suid-Afrika.

Ons span vir Nampo 2022 en Graan SA is toegewyde, geesdriftige en kundige mense wat ná ’n afwesigheid van twee jaar daarna uitsien om Nampo weer te kan aanbied.

Hiermee volstaan ek: Konsentreer eerder saam met ons op die taak op hande en die groter prentjie en doel. Deur Nampo 2022 skade te probeer berokken, straf jy nie die opposisie nie, maar jy straf die span. Ons bly hoopvol dat al die regulasies wat hierdie ontevredenheid veroorsaak het, teen begin Mei afgeskaf sal wees, maar ongeag, kom ons beweeg aan en konsentreer op die spel. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.79
-1.0%
Rand - Pond
20.26
-0.0%
Rand - Euro
17.08
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Goud
1,775.15
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
2,130.50
0.0%
Platinum
937.50
0.0%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,114
+1.3%
Alle aandele
69,519
+1.2%
Hulpbronne 10
64,042
+2.5%
Industriële 25
84,928
+0.3%
Finansiële 15
15,675
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat soek na sy diamant.
Ek is n gewone man, wat lief is vir mense en diere. N man wat soekend is na sy diamant in hierdie deurmekaar wereld. Ek soek n maat, n friend, n venoot en iemand om viir lief te...
Melanie
In kort. Plain Jane. Niks fieterjasies. Is oo 'n stadium in my lewe wat ek wil fun he, plekke sien en dinge doen. Love kosmaak en glo daaraan om almal met repsek tw hanteer...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot