AFGRI
BEAN
28 Nov
-
9156
14,00
CORN
28 Nov
-
4471,2
-39,80
SOYA
28 Nov
-
8830
66,00
SUNS
28 Nov
-
10850
-158,00
WEAT
28 Nov
-
6690
-4,00
WMAZ
28 Nov
-
5324
-21,00
YMAZ
28 Nov
-
5117
-9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Rekordgetal besoekers aan Nampo Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bredasdorppark tydens Nampo Kaap 2022. Foto: Graan SA
Bredasdorppark tydens Nampo Kaap 2022. Foto: Graan SA
Die organiseerders van Nampo Kaap is dankbaar vir die meer as 32 000 besoekers wat 500 uitstallers op Bredasdorppark verlede week besoek het.

Nampo Kaap is vanjaar die derde keer aangebied, en dit was die eerste keer dat dit ook op ’n Saterdag bygewoon kon word. Mnr. Toit Wessels, assistent-bestuurder vir Nampo en bemarking by Graan SA, het aan Landbou.com gesê sowat 7 000 besoekers het Nampo Kaap Saterdag van 08:00 tot 14:00 besoek. Hulle beoog voorlopig om Nampo Kaap in 2023 ook op die Saterdag aan te bied.

“ ’n Opname sal onder die uitstallers gedoen word oor wat hul indrukke was oor Saterdag. Met dié inligting sal die direksie van Nampo Kaap beraadslaag en ’n finale besluit oor die lengte van Nampo Kaap 2023 neem. Vir nou is ons wel van plan om dit van 13 tot 16 September 2023 aan te bied.”

Altesaam 32 640 besoekers het van verlede Woensdag tot Saterdag deur Nampo Kaap se hekke beweeg. Besoekers en uitstallers het heerlike weersomstandighede ervaar ten spyte van die reën wat die graanprodusente in die gebied so nodig het.

“Dit was wonderlik om ná ’n afwesigheid van twee jaar weer ’n Nampo Kaap te kon aanbied,” sê Wessels luidens ’n verklaring. “Die gunstige terugvoer van die uitstallers oor saketransaksies bly een van die belangrikste en akkuraatste maatstawwe vir sukses, en die uitstallers het vir seker baat gevind by dié hoogtepunt op die Wes-Kaap se landboukalender.”

Hoogtepunte

Verskeie nuwe toevoegings was vanjaar te sien. Veral die Elim-veldblomme-uitstalling, die Merino Classic en die talle inskrywings vir Omnia, Graan SA en Landbouweekblad se boereplanne-kompetisie was treffers.

Die Overberg Jeugskou was nog ’n hoogtepunt op Saterdag se program. As een van agt streekskompetisies in die Wes-Kaap waaraan leerders kan deelneem om deur te dring tot die Wes-Kaapse Jeugskou in Maart 2023, is ’n ongelooflike 176 inskrywings in 14 klasse ontvang.

Graanpraatjies

“Besoekers aan Nampo Kaap was uitgehonger vir graanpraatjies en saamkuier en het behoorlik uitgesien om dit wat landbou bied, te kom beleef. Graan SA het waardevolle gesprekke met mnr. Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, en dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaap se minister van landbou, gehad,” sê dr. Pieter Taljaard, uitvoerende hoof van Graan SA. “Die waarde vir produsente om nuwe tegnologie op een platform te sien en maklik te vergelyk, kan nie onderskat word nie. Nuwe idees vir aanpassings en nuwe ontwerpe is oral oor te vind en die netwerkgeleenthede met bestaande en nuwe lede en landboumaatskappye se bestuurspanne is legio.”

Aansoeke vir uitstallers wat wil deel word van Nampo Kaap 2023, open op 1 Februarie 2023. Aansoekvorms en verder inligting is op www.nampo.co.za of www.nampokaap.co.za verkrygbaar.

Graan SA spits hom nou toe op die eerste Nampo Alfa, ’n vee-, jag- en buitelugskou wat van 29 September tot 1 Oktober 2022 by Nampo-park buite Bothaville aangebied sal word. Besoek www.nampoalfa.co.za vir nog inligting.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.12
-0.1%
Rand - Pond
20.59
+0.7%
Rand - Euro
17.81
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.47
+0.6%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,746.27
-0.7%
Silwer
21.06
-1.9%
Palladium
1,832.50
-1.3%
Platinum
990.00
+0.6%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,994
+0.4%
Alle aandele
73,368
+0.3%
Hulpbronne 10
70,795
-0.9%
Industriële 25
88,376
+1.2%
Finansiële 15
16,389
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Teddy beer
Ek is standvastig en absoluut eerlik met Christelikke waardes, redelik stil en introvert maar kan maklik deel wees van geselskap
JMJenny
Ek is n diereliefhebber. Baie uitgaande en ook baie gemaklik. Ontsettend positief. Iemand met n negatiewe houding moet my asb nie nader nie. Ontsettend lojaal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot