Die Kaapstadse maatskappy Vitamech se MacDon M155-graanplatsnyer vir onder meer koring, gars en kanola word aangedryf deur ’n 4,5 liter-Cummins-enjin wat 119 kW lewer. Die werktuig loop 1,6 m bo die grond. Die volledig digitale kajuit het sy eie suspensie om rygemak te verseker, en kan 360 grade draai. Die platsnytafel het ’n snybreedte van 10,7 m en is ’n verwyderbare vervoereenheid. Sy vier wiele gee stabiliteit tydens die platsnywerk, maar wanneer dit padlangs verskuif moet word, word die snytafel ontkoppel en in sy lengte agter die platsnyer gehaak en op die vier wiele gesleep. Geen ander tafel-vervoerwa is nodig nie. Die ontkoppeling duur minder as vyf minute.
Prys: R3 335 000. Navrae: Mnr. Jurie Swart, 083 375 8840.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.