AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Verslapping van covid-19-regulasies goeie nuus vir Nampo 2022

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nampopark uit die lug uit. Foto: Graan SA
Nampopark uit die lug uit. Foto: Graan SA
Ná pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat Suid-Afrika na ’n aangepaste vlak 1 van die covid-19-inperkingsregulasies beweeg, kan Graan SA, die organiseerder van Nampo, ’n sug van verligting slaak.

Vanjaar se Nampo-oesdag, wat van 16 tot 20 Mei aangebied word, sal teen 50% van Nampopark se kapasiteit aangebied kan word danksy die verslapping van die regulasies.

Die Nampo-oesdag word vanjaar vir die 54ste keer gehou en dit sal vir die eerste keer oor vyf dae strek. Oudergewoonte sal die landbou se nuutste tegnologie, werktuie en masjinerie, innovasies en produktiwiteitsoplossings ten toon gestel word.

“Graan SA is dankbaar dat die aangepaste regulasies dit moontlik maak om Nampo 2022 aan te bied, en dat ons in staat is om dit suksesvol te doen teen 50% van Nampopark se kapasiteit,” sê dr. Dirk Strydom, Graan SA se hoof van bemarking, Nampo en navorsingskoördinering.

“Die Nampo-oesdag was nog altyd ’n aanwins vir die landbou en sy mense. Dit sal goed wees om almal terug te verwelkom ná die twee jaar lange ontwrigting van hierdie landbouvertoonvenster.”

Dr. Pieter Taljaard, uitvoerende hoof van Graan SA, sê hulle is daartoe verbind om die nodige maatreëls en aksieplanne toe te pas ten einde aan die regering se vereistes vir die aanbied van die geleentheid te voldoen.

“Die gesondheid en veiligheid van besoekers, uitstallers, personeel, borge en die hele landbougemeenskap tydens die Nampo-oesdag bly uiters belangrik. Graan SA sal verder gelei word deur die huidige beste praktyke om te verseker dat alle toepaslike en vereiste gesondheids- en veiligheidskontroles gevolg word vir die aanbied van ’n suksesvolle en waardevolle geleentheid vir alle betrokkenes.”

In ooreenstemming met die pas aangekondigde regulasies sal die Nampo-oesdag besoekers verwelkom wat aan die vereistes voldoen, naamlik ten volle ingeënt en in besit van ’n geldige inentingsertifikaat, of oningeënt, maar in besit van ’n geldige sertifikaat van ’n negatiewe covid-19-toets wat 72 uur of minder vooraf verkry is.

Strydom sê die aanbieding van die Nampo-oesdag sal ’n broodnodige inspuiting vir die plaaslike ekonomie wees nadat dit vir twee jaar nie gehou kon word nie. Die ekonomiese belangrikheid van Nampo vir die korporatiewe, medium- en klein besighede van reg oor Suid-Afrika wat aan die skou deelneem, kan ook nie onderskat word nie.

“Terwyl ons sommige dinge dalk ’n bietjie anders moet doen, is ons doel steeds ’n gediversifiseerde landbouhandelsuitstalling van wêreldaansien wat die breër landbouwaardeketting bevoordeel.”

Kaartjies teen 2019 se toegangsgeld sal in die eerste week van April aanlyn op TicketPro beskikbaar wees. Besprekings vir die tentehotel op die noordelike grens van die park is reeds oop. Besoek www.nampo.co.za vir nog inligting.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.66
-0.3%
Rand - Pond
20.17
-0.5%
Rand - Euro
17.04
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,791.93
+0.2%
Silwer
20.63
-0.2%
Palladium
2,198.04
-2.0%
Platinum
942.00
-0.3%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my lewens maat deur dik en dun en lus vir die lewe.
Ek is lief vir die buite lewe en natuur. Geniet my vriende en familie. Hou van kuier saam goeie geselskap. En ek love my braai.
êrens is jy..: Antjie Krog
Ek is opreg. Liefdevol. Getrou. Maklik. Prettig. Lief vir die lewe. Musiek. Die natuur. Wil lag. Weer lewe saam my spesiale mens. Ek is lief vir diere. Ek dink soms meer as vir...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot