AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
Deel

17 de Kaasfees met 20 ton kaas gevier

akkreditasie
Sowat 30 000 mense het oor die afgelope langnaweek die 17de Suid-Afrikaanse Kaasfees met sowat 20 ton kaas help vier.

Boetiek- en kommersiële kaasmakerye van oor Suid-Afrika heen stal jaarliks hul produkte op die fees uit wat deur Agri-Expo gereël word. Mnr. Johan Ehlers, hoof- uitvoerende beampte van Agri-Expo, sê hulle was vanjaar saam met die uitstallers verras oor die sterk koopkrag by die fees – en dít ten spyte van die ekonomiese probleme vir verbruikers. Hulle skryf dit toe aan die gehalte van die produkte wat op die fees te koop was.

Die fees het ook aan verskeie nuwelingboetiekkaasmakers, soos Vredesberg, ’n bemagtigingsprojek van Kareedouw, ’n platform gebied om hul produkte aan die publiek bekend te stel. Dié uitstallers kon danksy die steun van die Wes-Kaapse departement van landbou en Absa hul produkte ten toon stel. Agri-Expo en die departement het ook kleiner produsente van alternatiewe gewasse en landbouprodukte, asook kleiner entrepreneurs die kans gebied om aan die fees deel te neem deur middel van die “Cape Made: Taste the Alternatives”-projek.

Kookuitdaging en waterbesparing

Die eerste #YourWheyWithCheese-kookuitdaging vir amateursjefs, in vennootskap met Heart FM, is vanjaar aangebied. Me. Liesl Armstrong van Durbanville, ’n huisleningskonsultant by Betterbond, was die wenner. Sy het ’n Jenny Morris-kookkursus, ’n Leon the Milkman-kaasmaakwerksessie en Taurus-kombuistoerusting gewen. Armstong sê danksy die fees en kompetisie het ’n droom van haar waar geword, aangesien sy nog altyd “bitter graag ’n sjefkursus wou bywoon om die fynere kunsies te bemeester”.

In reaksie op ’n versoek deur Wesgro om die ekonomie te midde van die droogte in die Wes-Kaap te ondersteun het die fees vanjaar ook die #waterwys-uitstalarea daargestel.Maniere om water te bespaar is daar ten toon gestel, terwyl waterwysresepte vir kookdemonstrasies op die fees ontwikkel is.

'n Eksemplaar van die gedrukte resepteboek. Foto: Verskaf

Dié resepte is vervat in ’n gratis resepteboek as deel van die Cape Made-projek. Die boek kan by www.cheesefestival.co.za afgelaai word (doen ’n soektog op die webwerf na recipe book).

Intussen is beplanning reeds onderweg vir die 18de SA Kaasfees wat van 26 April tot 28 April volgende jaar sal plaasvind.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.86
-0.3%
Rand - Pond
22.11
-0.2%
Rand - Euro
19.46
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.99
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
982.26
+1.4%
Palladium
1,473.60
+1.7%
Goud
1,979.41
-0.1%
Silwer
23.87
-0.2%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
71,089
0.0%
Alle aandele
76,705
0.0%
Hulpbronne 10
67,517
0.0%
Industriële 25
103,222
0.0%
Finansiële 15
15,634
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Lewe asof more nie bestaan nie
Eerlik. Vol liefde. Gemaklik mens. Ek is positief en vrolik. Vriende beskryf my as 'n sonstraal. Goeie sin vir humor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot