
Konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder, sê dié eenheid het op 22 Augustus inligting ontvang oor beeste wat na bewering op ’n plaas in Swartburg weggesteek word. Die plaas is geïdentifiseer en 19 gesteelde beeste is teruggevind.
’n Intensiewe ondersoek het gevolg, maar die verdagtes kon nie vasgetrek word nie. Twee mense van Madresini in Intsikeni is as die beeste se eienaars geïdentifiseer. Die beeste is glo gedurende die vorige naweek gesteel en die eienaars was nie daarvan bewus dat die beeste gesteel is nie.
Volgens Ngcobo was die plan skynbaar om die gesteelde beeste na Lesotho te vervoer.