AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

200 jaar oue wyn laat prysrekords spat

akkreditasie
Die kosbare bottel Grand Constance 1821 wat vir bykans ’n halfmiljoen rand verkoop is aan ’n onbekende bieër. Foto: Verskaf
Die kosbare bottel Grand Constance 1821 wat vir bykans ’n halfmiljoen rand verkoop is aan ’n onbekende bieër. Foto: Verskaf
’n Buitengewone bottel Grand Constance uit 1821 het rekords laat spat tydens die Cape Fine & Rare Wine-veiling op Stellenbosch toe dit vir R420 000 opgeveil is.

Daar bestaan vermoedelik slegs 12 van dié bottels wyn ter wêreld en dit kom uit ’n voorraad wat oorspronklik vir Napoleon Bonaparte – wat glo ’n voorliefde vir Grand Constance gehad het - bestem was. ’n Onbekende kliënt van die Britse veilingshuis Christie’s het die historiese bottel gekoop.

Die verwagting was vooraf dat die wyn van R80 000 tot R130 000 op die veiling sou behaal.

Die wyn, in die oorspronklike handgeblaasde bottel, is twee eeue gelede op die wynplaas Groot Constantia (gestig in 1685) uit rooi Muskadel en Pontac-druiwe geproduseer. Frederick die Grote van Pruise tot Louis XVI, Marie Antoinette en George Washington tel glo onder aanhangers van dié soet dessertwyn. Dit was op allokasie beskikbaar en ’n groot deel van die wyn uit die 1821-oesjaar moes na St Helena verskeep word om deur Napoleon geniet te word. Hy is egter in Mei daardie jaar oorlede, wat toe skielik gelei het daartoe dat ’n voorraad Grand Constance 1821 op die mark beskikbaar was.

“Enigiemand wat gelukkig genoeg is om ’n skat van dié kaliber te bekom, word beloon met ’n ongelooflik waardevolle stukkie wyngeskiedenis,” het mnr. Niël Groenewald, veilingshoof en besturende direkteur van Nederburg, gesê.

Die bottel wat by die veiling verkoop is, was deel van ’n lot wat Distell (destyds Stellenbosch Farmers Winery) vroeg in die 1980’s op ’n veiling in Londen gekoop het.

Volgens die wynpersoonlikheid Duimpie Bayly was hulle destyds gelukkig om die wyn teen “ ’n baie spesiale prys” te kry. Drie bottels daarvan is sedertdien in die Tabernakel, by Distell se Adam Tas-produksieaanleg, gebêre. Dis slegs in 2019 uitgehaal om die kurke te vervang om die wyn se lewensverwagting te verleng, maar ook die gehalte na te gaan. Die bottel en kurk het toe ’n unieke seël, met ’n naspeurbare alfanumeriese nommer, gekry om outentiekheid te waarborg.

Gemiddelde prys klim

Bieërs kon persoonlik of aanlyn bie tydens die veiling, wat kopers van reg oor die wêreld gelok het. Die finale veilingsbedrag beloop sowat R2 219 200 en sowat 2 140 liter wyn is verkoop.

Groenewald sê die aanbod het buiten die Grand Constance 1821, wyne ingesluit wat noukeurig bewaar is sedert die 1960’s, wyne wat gemaak is onder die vaandel van die Ou Wingerd-projek, asook uitsonderlike wyne uit sommige van die suksesvolste oesjare (soos 2009 en 2015). ’n Gemengde kis met 12 bottels Cabernet Sauvignon 2009 het vir R21 500 verkoop.

Die gemiddelde prys was R778 per bottel – 18% meer as 2019 se R660 per bottel. Altesaam 82% van die suksesvolle kopers was Suid-Afrikaners. Mnr. Charlie Foley was die afslaer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot