AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Aansoeke om waterlisensies binnekort vinniger verwerk, sê Mchunu

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Niemand verstaan waterskaarste so goed soos boere nie.
Niemand verstaan waterskaarste so goed soos boere nie.
Alani Janeke
Die departement van water en sanitasie vorder goed met planne om waterlisensie-aansoeke vinniger te verwerk.

Minstens 80% van waterlisensie-aansoeke sal binne die departement van water en sanitasie se huidige boekjaar binne 90 dae verwerk word, het mnr. Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, vroeër vandag in sy begrotingsrede in die parlement gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het vanjaar in sy staatsrede daarop gewys dat dit belangrik is vir groei en belegging dat onnodige rompslomp uit die weg geruim moet word en het ’n teiken gestel dat aansoeke om waterlisensies binne 90 dae verwerk moet word.

Volgens Mchunu het die departement ’n deeglike studie gedoen om die redes vir vertragings in die uitreiking van lisensies te bepaal. ’n Omvattende verbeteringsplan word nou in werking gestel.

“Ons het bykomende poste in ons struktuur geskep vir die verwerking van lisensie-aansoeke, sakeprosesse vir lisensiëring verbeter, die inligtingstegnologiestelsels vir lisensiëring verbeter en personeel word tans opgelei.” 

Ingrypings kom by munisipaliteite

Die departement se begroting vir die huidige en volgende twee boekjare is onderskeidelik R18,5 miljard, R20,1 miljard en R20,9 miljard.

’n Voorwaardelike infrastruktuurtoekenning van R37,4 miljard vir munisipale waterdienste is by die mediumtermyn-bestedingsraamwerk ingesluit. Dit sluit ’n toewysing van R19 miljard vir streeksgrootmaat-infrastruktuur en een van R14 miljard vir waterdienste-infrastruktuur in. Eersgenoemde sal aan 113 projekte landwyd bestee word en laasgenoemde aan 200 projekte.

“Dit is teenstrydig dat munisipale waterdienste bly agteruitgaan hoewel ons hierdie baie beduidende toewysings maak. Ons gaan dit in die toekoms deur die nodige ingryping stopsit, wat sal verseker dat water gelewer word,” het Mchunu gesê.

Die tweede gedeelte van die departement se begroting is vir sy waterverhandelingsentiteit, wat grootliks op inkomste uit die verkoop van water staatmaak, maar aan wie R9,55 miljard in die mediumtermyn-bestedingsraamwerk toegewys is vir die ontwikkeling en bestuur van nasionale waterhulpbroninfrastruktuur.

Die entiteit se kliënte skuld hom sowat R24,57 miljard, met munisipaliteite en waterrade wat verantwoordelik is vir 65% hiervan.

Mchunu het gesê dit is noodsaaklik dat die regering as geheel aandag gee aan die probleem van swak inkomstebestuur en skuld in die watersektor. Die departement werk saam met die nasionale tesourie, die departement van samewerkende regering en tradisionele sake, en die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regering (Salga) aan oplossings. “Die onderliggende probleem waarop ons ons moet toespits, is swak rekeninge en invordering op munisipale vlak,” het Mchunu gesê. 

Begroting beter bestuur

Die departement werk daaraan om sy begrotings verantwoordelik en doeltreffend te bestuur en in die 2021-’22-boekjaar is geen nuwe ongemagtige uitgawes aangegaan nie. Sulke uitgawes wat nog in ouditverslae verskyn, hou verband met kontraktuele verpligtinge uit vorige tydperke en kry aandag.

“Die departement het histories sy toegekende begroting onderbestee, veral die begroting vir infrastruktuurprojekte. Dit is onaanvaarbaar in die konteks van die water- en sanitasie-probleme van die land,” het Mchunu gesê. Topamptenare in die departement gee nou aandag aan die verbetering van projekbestuur, die bestuur van infrastruktuurverkryging en lewering, en uitgawebestuurstelsels en -prosesse.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.60
+0.2%
Rand - Pond
24.56
+0.1%
Rand - Euro
21.10
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.95
-0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
1,007.48
+0.4%
Palladium
1,400.33
+1.7%
Goud
1,979.03
+0.1%
Silwer
23.91
+0.1%
Brent-ruolie
74.28
+2.3%
Top-40
70,656
0.0%
Alle aandele
75,783
0.0%
Hulpbronne 10
68,962
0.0%
Industriële 25
102,956
0.0%
Finansiële 15
14,630
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Soek lewensmaat
Ek is n dame met n goeie hart. Moeg Vir seer kry. Wil net gelukkig wees en iemand Om mee n lewens pad te stap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot