
Die wag van J&M/Fidelity ADT het op Maandag 2 Augustus op ’n noodoproep van ’n gewapende rooftog op die plaas sowat 15 km buite Mbombela gereageer. Die eienaar van die plaas is ook tydens die aanval geskiet. Hy word in ’n plaaslike hospitaal behandel en sy toestande is kritiek, maar stabiel.
“Hierdie aanval is ’n duidelike bewys, veral gedurende die Covid-19-inperkingstydperk, dat die polisie nie sy plig behoorlik sonder die hulp van plaas- en buurtwagte, asook gemeenskapspolisiëringsforums kan nakom nie.
“Die VF Plus het dit reeds verskeie kere duidelik gemaak aan Mpumalanga se LUR van gemeenskapsveiligheid, mnr. Vusi Shongwe, dat hierdie veiligheidstelsels weer ingestel moet word om die gemeenskap te beveilig en te hulp te snel indien nodig.”
Weber sê die party het ook vrae oor landelike veiligheid in Mpumalanga aan Shongwe gerig. “Landelike gebiede en die boeregemeenskap is veral tydens die inperkingsperiode in ’n kwesbare situasie. Die VF Plus sal voortgaan met sy stryd om die regering te laat besef dit is ’n prioriteit om plaasaanvalle doeltreffend te bekamp.”